BW Energy wil abba vir olieboor
BW Energy is tans in gesprek met ander Oranje-bekken rolspelers oor die verkryging van toegang tot ‘n boor om eksplorasieaktiwiteite naby sy Kudu-gasveld te versnel. Die maatskappy bedryf produksielisensie 3 wat die 1,3 triljoen kubieke voet gas bevat. BW Energy wil nou kyk of hy ook dalk oliebronne in die lisensie-gebied het soortgelyk aan dié wat deur sy naaste bure, Galp Energia in die Mopane-1X- en -2X-putte gevind is. Carl Arnet, uitvoerende hoof sê dat, in die lig van die Mopane-vonds, die maatskappy daarin geslaag het om toegang tot bykomende seismiese data net buite produksielisensie 3 te verseker. Hy voeg by die maatskappy sal binne die komende 12 maande of so in die gebied boor.