IKT-beraad kom in September, bedryf moet gebou word

Die inligting en kommunikasietegnologie-ministerie het die agtste uitgawe van die Nasionale IKT-beraad bekend gestel en nooi potensiële borge om deel te wees van die belangrike geleentheid. Die beraad sal na verwagting van 9 tot 11 September in Windhoek plaasvind. Dit dien as ‘n platform vir bedryfsleiers en -spelers om insigte uit te ruil en die trajek van die IKT-sektor te bepaal. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Shoki Kandjimi, die ministerie se woordvoerder, om meer uit te vind.