Nadal is gereed vir Franse Ope

Die 14-malige kampioen, Rafael Nadal, sê hy sien uit daarna om vandag kragte te meet met Alexander Zverev van Duitsland in die eerste ronde van die Franse Ope. Die Spanjaard het sedert Januarie verlede jaar slegs aan vier toernooie deelgeneem na hy ‘n heupbesering opgedoen en toe ‘n spier geskeur het. Dit het hom ongekeur gelaat vir die tweede Grand Slam van vanjaar. Nadal sê hy het ‘n gedugte teenstander in die openingsronde verwag: