Israel word gedwing om gyselaars agter te laat: SA Sionistefederasie

Die Suid-Afrikaanse Sionistefederasie sê die besluit van die Internasionale Geregshof om Israel se militêre operasie in Rafah te beëindig, is polities gemotiveerd en bevooroordeeld. Hulle voer aan hierdie besluit ondermyn Israel se pogings om meer as 100 gyselaars te red en om die voortgesette bedreiging van Hamas te beveg. Die woordvoerder van die federasie, Rolene Marks, kritiseer die Suid-Afrikaanse regering om die hof te gebruik om sy politieke agenda teen Israel te voer.