DA dien klagte in teen NGV-skema
Die DA het ‘n klagte by die Staatsdienskommissie ingedien teen die pas-ondertekende Nasionale Gesondheidsversekeringskema. Die party se woordvoerder oor die Staatsdiens en Administrasie, Leon Schreiber, betoog die NGV onteien mediese fondsbydraes sonder vergoeding en bedreig staatsdiensdoeltreffendheid en arbeidsverhoudinge. Hy beweer die stap saai paniek onder lede van die mediese fonds vir staatsdienswerknemers, Gems, wat Suid-Afrika se grootste mediese hulpskema is.