Verkiesing: Registreer met die dokumente

Die kiesersregistrasie vir die verkiesing in November gaan op 2 Junie begin. Kiesers word daaraan herinner dat ou registrasiekaarte nie meer geldig is nie. Almal moet van nuuts af registreer. Die registrasie eindig op 1 Augustus en kiesers word aangemoedig om nie tot die laaste dag te wag nie. Wat het jy nodig om te registreer? Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die woordvoerder van die Namibiese Verkiesingkommissie, De Wet Siluka.

Siluka verduidelik wat om te doen as jy nie ‘n identiteitsdokument het nie.