BoN verander reëls oor sedeer van polisse vir kollateraalJune 19, 2025
Die Bank van Namibië sê dit is nou moontlik vir lewenspolis-houers om veelvuldige sederings op een polis te hê. Die sentrale bank sê dit is nie nodig om die totale waarde van die polis te sedeer nie solank as wat die kollateraal voldoende is. Dit sal verseker dat individue nie meer talle lewenspolisse moet uitneem vir dekking nie omdat een polis by verskeie instansies ingedien kan word vir dekking, in verskillende dele en bedrae.