FP du Toit Transport ‘doen alles’ om hul bestuurders te beveilig
Die Walvisbaai Korridor-groep het Namibiese vragmotorbestuurders en vervoermaatskappye gewaarsku oor toenemende kapings op die N4 in Suid-Afrika, veral rondom Rustenburg en Mafikeng. Die pad vorm deel van die Trans-Kalahari-korridor. Beide vrag en die vragmotors word geteiken, en bestuurders word dikwels doodgeskiet of ernstig beseer. Stefan Terblanche, uitvoerende hoof van FP du Toit Transport, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die kwessie gesels. Terblanche sê dat hulle alles in hul vermoë doen om hul vragmotorbestuurders veilig te hou.