Ondangwa-handelskou bevorder streeksekonomie: Uutoni

Die 11de uitgawe van die Ondangwa-handelskou speel steeds ‘n deurslaggewende rol in die ekonomiese ontwikkeling van die dorp en die hele streek, volgens stedelike en landelike ontwikkeling-minister Erastus Uutoni. Uutoni het by die opening van die skou gepraat en sê hulle bevorder ook besighede deur aan hulle ‘n platform te bied om hul goedere en dienste ten toon te stel. Meer as 140 uitstallers neem aan vanjaar se skou deel.