Wentzel Maasdorp vandag in die hof

Die Engelse dagblad The Namibian, berig dat Wentzel Maasdorp, wat Dinsdag in Khomasdal in hegtenis geneem is op klagte van die moord van Delia Maasdorp, ‘n kokaïen-verslaafde was. Die koerant sê hy het ‘n onderhoud met Maasdorp in 2021 in die verband gedoen. Volgens die polisie, was Maasdorp, blykbaar die broer van Delia se man, in ‘n verhouding met haar. Delia is Sondag vasgebind en in ‘n kombers toegedraai, in haar woonstel in Eros gevind. Maasdorp het met haar BMW gevlug en dit is Dinsdag in Rundu gevind. Die polisie sê Delia is verwurg. Hy sal vandag in die laerhof in die hoofstad verskyn.