Britse troepe gaan dalk in Gaza help
Britse troepe gaan moontlik in Gaza ontplooi word om hulp via ‘n nuwe seeroete te lewer. Amerika het gesê geen Amerikaanse magte sal aan land gaan nie en ‘n ongenoemde “derde party” gaan vragmotors van ‘n drywende platform na die strand bestuur. Die Verenigde Koninkryk oorweeg glo om Britse troepe vir die taak in te span wanneer die hulpkorridor volgende maand open. Bronne het egter aan die BBC gesê geen besluit is nog geneem nie.