Angolese vrou in hegtenis vir kind se verkragting

NamPol in die Oshikoto-streek het ‘n saak van verkragting teen ‘n 21-jarige Angolese vrou geopen omdat sy na bewering ‘n 10-jarige meisie gedwing het om seks met ‘n onbekende Angolese man te hê. Die streek se misdaad-ondersoek koördineerder, adjunk-kommissaris Titus Ekandjo, sê die voorval het Sondagaand by Iiyale-dorpie in die Oniipa-kiesafdeling gebeur. Die verdagte het na bewering sy susterskind besoek, wat die versorger van die slagoffer is. Sy het die slagoffer met geweld na ‘n kamer geneem waar die verdagte was, en die verdagte het die kind verkrag. Die slagoffer se ma het geslaap ten tyde van die voorval en die kind het haar die volgende oggend daarvan vertel. Die polisie is op soek na die Angolese verdagte wat net bekend is as “Patrick”.