Namibië benodig kernkragsentrale, hoor parlement

Die parlementêre staande komitee oor natuurlike hulpbronne het verlede jaar oorsigbesoeke aan verskeie myne in die Erongo-streek gebring. Die adjunkminister van visserye, Sylvia Makgone, het van die kwessies wat in die verslag geopper is, in die Nasionale Vergadering voorgelees. Een van die bekommernisse is die berging van uraan in die streek en hoe dit die visserybedryf kan raak. Volgens Makgone moet Namibië uraan opgaar en dit in ‘n plaaslike kernkragsentrale gebruik.