Leeus-voorspelers wil Munster makmaak
Rugby: Die Leeus sal probeer om hul indrukwekkende oorwinning oor Leinster op te volg deur nóg ‘n Ierse reus Saterdag op Ellispark te klop. Hulle sal Munster aandurf, wat hul status as verdedigende VGK-kampioen bevestig het met ‘n groot oorwinning op Loftus teen die Bulle. Die skrum het ‘n kragtige wapen geword terwyl die Leeus inspirasie put uit die Springbokke se sogenaamde’bomeenheid’. Die skrumafrigter Julian Redelinghuys is tevrede met die diepte onder die voorspelers.