SA, julle ligte is vir nou aan
Eskom sê beurtkrag bly opgeskort tot verdere kennisgewing, weens volgehoue opwekkingsvermoë en voldoende noodreserwes. Vandag is 26 dae sonder beurtkrag, wat die 20 opeenvolgende dae oortref wat in Junie 2022 behaal is. Die kragvoorsiener sê twee-duisend-660 megawatt sal teen vanaand herstel word. Eskom sê hy is steeds daartoe verbind om beurtkrag uiteindelik uit te skakel.