Gryslys: Regering sal ernstiger stappe moet neem
Bipa pleit sedert verlede jaar dat maatskappye hulle voordelige eienaarskap-verklaringsvorms by die owerheid op te dateer en in te handig, soos wat hulle verplig is om te doen. Nog net 40 000 van Namibië se 218 000 geregistreerde besighede het hulle besigheidsvorms opdateer. Die verklarings is nodig om Namibië van die Finansiële Aksie-taakmag se gryslys te verwyder. Kosmos 94.1 Nuus het met Theo Klein, van Oxford Economics Africa, gepraat.
Volgens Klein moet Suid-Afrika ook sy deel doen om van die lys af te kom.