VF+ sê ANC wanbestuur waterinfrasktruktuur
Die Vryheidsfront Plus het die regering se wanbestuur gekritiseer en skryf dit toe aan die wydverspreide besoedeling van waterbronne. Die minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, het in sy antwoord op ‘n parlementêre vraag onthul daar is gedurende 2022 en verlede jaar 277 nie-nakomingskennisgewings aan 61 waterdiensowerhede uitgereik nadat bloudruppel-oudits uitgevoer is. Michal Groenewald van die VF Plus sê dit is skokkend, maar in 2022 het 344 rioolsuiweringsaanlegte in 90 munisipaliteite kritieke probleme ondervind, met slegs 50-persent wat herstelplanne ingedien het: