Swakopmund-inwoner wil lengte van Namibië stap

‘n Inwoner van Swakopmund, Ray Sasman, beplan om die lengte van Namibië stap, van die suide na die noorde, in ‘n poging om fondse in te samel vir die beoogde Narraville-jeugsentrum in Walvisbaai. Sasman, ’n geregistreerde masseerterapeut en akupunkturis, sê sy sal op 1 Mei by Noordoewer begin stap, al langs die B1 tot by Kazangula. Haar reis van meer as 2 000km sal sowat drie maande neem. Sasman het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die staptog en hoekom sy die reis onderneem.