Agri SA sê vergadering met Ramaphosa was produktief

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het gister met sakeverteenwoordigers vergader om die land se herstelstrategie te beplan. Die uitvoerende hoof van Agri SA, Christo van der Rheede, sê dit was ‘n produktiewe vergadering waar die versekering gegee is dat paaie beveilig sal word. Van der Rheede sê daar was konsensus dat die ekonomiese herstel ‘n gedeelde verantwoordelikheid moet wees en die regsorde nie bedreig word nie. Hy wys ook daarop dat die president gesê het die heropbou van die toerismesektor is van kardinale belang.