Namcor waarsku teen bedrieglike e-posse
Die Nasionale Petroleum Korporasie, Namcor, wil die publiek attent maak op ‘n bedrogspul wat individue teiken deur middel van bedrieglike e-posse. Die bedrieërs mislei mense om vir bod-dokumente te betaal in e-posse met Namcor se briefhoof en wat eindig op namcor-koppelteken-na-punt-com. Die korporasie beklemtoon dat sy wettige e-posse altyd sal eindig op namcor-punt-com-punt-na. Kosmos 94.1 Nuus het met Namcor se bestuurder van bemarking, kommunikasie en skakelwerk, Paulo Coelho, gesels wat die publiek waarsku.