CBI se Coenie lê Dinsdag sy saak voor
Coenie Botha en sy vrou Charlotte Murove sal Dinsdagmiddag hulle saak in die Windhoek-landdroshof stel nadat die borgaansoek tot dan uitgestel is. Botha en sy vrou, van CBI Exchange, word van bedrog van 160 miljoen Namibiese dollar verdink. Hulle het volgens die staat die bankinstellingswet oortree. Die borgaansoek is herhaaldelik uitgestel nadat dit oorspronklik op 20 Maart aangehoor sou word. Die twee is op 11 Maart by Buitepos gearresteer. Hulle is aanvanklik vrygelaat omdat die arrestasie nie ingevolge die wet was nie maar is toe onmiddellik in hegtenis geneem.