TotalEnergies wil nog opnames doen
TotalEnergies het te kenne gegee dat hy die omgewingskonsultant SLR aangestel het om sy omgewing klaringsertifikaat aan te pas en te hernu in blokke 2912 en 2913B in die Oranje-bekken. Die Franse olie-reus wil nuwe seismiese opnames doen en sy program in die verband aanpas. SLR vra dat alle belanghebbendes dringend moet registreer en insette moet teen 22 April gelewer word.