Faye het 54% van die stemme

Die opposisiekandidaat Bassirou Diomaye Faye het meer as 54 persent van die stemme in Senegal se presidensiële verkiesing gewen. Die regerende koalisiekandidaat Amadou Ba het 35 persent van die stemme op hom verenig. Die Dakar-appèlhof het die voorlopige uitslae bekend gemaak. Faye word op 44 jaar, die jongste president in die Afrika-land wanneer die Grondwetlike Raad in die komende dae die uitslae bevestig.