Akkerbou-produksie val skerp in vierde kwartaal 2023

Akkerbou-produksie het in die vierde kwartaal verlede jaar op 18 929 ton gestaan, volgens die nuutste kwartaallikse landbou statistiese bulletin. Dit was ‘n skerp afname van 44,2 persent in vergeleke met 33 946 ton in dieselfde kwartaal van 2022. Koring het die hoogste volumes van 17 847 ton, of 94,3 persent, van die totale produksie aangeteken. Die invoerrekening vir akkerbou-produkte het op 519,9 miljoen Namibiese dollar gestaan, ‘n toename van 45,2 persent in vergelyking met 358 miljoen dollar in die ooreenstemmende kwartaal van 2022. Visprodukte het egter uitvoerverdienste van 3 miljard dollar geregistreer, ‘n toename in vergelyking met die 2,6 miljard dollar wat in die vierde kwartaal van 2022 behaal is. Invoere van visprodukte het 165,4 miljoen dollar beloop, ‘n groot vermindering in vergelyking met 400,2 miljoen dollar wat in dieselfde kwartaal van 2022 aangeteken is.