Maak honde gewoont aan vreemde gesigskenmerke
‘n Britse gidshond-opleidingsliefdadigheid vra mense met uitsonderlike gesigskenmerke om te help om jong honde daaraan gewoond te maak. Navorsing toon amper twee-derdes van die honde reageer met vrees of verwarring op kenmerke waaraan hulle nie blootgestel was nie. Sky News berig die organisasie vra vrywilligers met baarde, snorre, Mohawk-haarstyle met helder kleure, gesigsdeurborings en -tatoeëermerke om na vore te kom. Hulle wil jong hondjies ook blootstel aan aspekte van die daaglikse lewe, soos babas en fietse.