Napha gee terugvoer oor internasionale jagskoue
Die Safari Club International 2024-konvensie, wat van 31 Januarie tot 3 Februarie in Nashville, Tennessee, gehou is, was ‘n sleutelgeleentheid vir die wêreldwye jag- en buitelug-entoesias gemeenskap. Die Namibië Professionele Jagvereniging het deelgeneem om die fokus te plaas op die land se status as ‘n leier in wildbewaring en volhoubare jagpraktyke. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se president, Axel Cramer, gesels wat sê die skou was ‘n reuse sukses en hul trofeejag-besprekings lyk goed vir die res van die jaar.
Die vereniging het ook sy verbintenis tot bewaring en volhoubare jagpraktyke ten toon gestel by die Jagd & Hund 2024 in Dortmund, wat Europa se voorste skou vir jag- en buitelugaktiwiteite is. Cramer sê Namibië en Botswana het ‘n eerste Namibië-aand aangebied wat goeie aftrek gekry het.