Kelly Khumalo ‘het opdrag gegee vir Senzo Meyiwa se moord’

Beskuldigde een en twee in die Senzo Meyiwa-moordverhoor het die sokkerster se destydse meisie, Kelly Khumalo, betrek as die persoon wat opdrag vir sy moord gegee het. Meyiwa is in Oktober 2014 doodgeskiet terwyl hy Khumalo by haar ma se huis in Vosloorus besoek het. Vyf verdagtes staan tereg. ’n Beëdigde verklaring wat deur die hoofondersoeker, Bongani Gininda, by die Hooggeregshof in Pretoria voorgelees is, lui dat Khumalo deur selfoonontleding met die beskuldigdes, Muzi Sibiya en Bongani Ntanzi, verbind is.