SA hoor môre uitslag van Israel-saak

Die Internasionale Geregshof in Den Haag bevestig hy maak môre bekend of hy noodmaatreëls teen Israel gaan instel ná Suid-Afrika se bewerings dat Israel volksmoord pleeg in Gaza. Suid-Afrika vra ʼn dringende bevel dat Israel se militêre veldtog in Gaza onmiddellik opgeskort word. Die hof sal waarskynlik heelwat langer neem om ʼn finale uitspraak te lewer of Israel die 1948-volksmoordkonvensie oortree het. Suid-Afrika se internasionale betrekkinge.