Trump terug in die hoof teen E Jean Carroll
Oudpresident Donald Trump van Amerika se prokureur, Alina Habba, het aan ʼn New Yorkse hof gesê rubriekskrywer E Jean Carroll verdien nie skadevergoeding nie omdat haar beskuldiging van seksuele aanranding haar beroemd gemaak het. Trump is voorheen aanspreeklik bevind vir die seksuele aanranding van Carroll in die 1990’s, en sy soek nou skadevergoeding vir lasterlike aanmerkings wat hy tydens sy presidentskap oor haar gemaak het. Carroll se prokureur, Shawn Crowley, het aan die hof gesê Trump het sy platform gebruik om haar kliënt se belaster en verneder, en veroorsaak dat sy elke dag in vrees lewe.