Landbou moet private sektor gebruik vir Neckartal – kenner

Landbouminister Calle Schlettwein is deur die leier van die amptelike opposisie, McHenry Venaani van die PDM, versoek om die ministerie se besluit om buitekonsultante te gebruik om ‘n uitvoerbaarheidstudie vir die tweede fase van die Neckartaldam-besproeiingsprojek te doen, te heroorweeg. Die ministerie moet eerder interne personeel gebruik, aangesien hulle die nodige kundigheid het, sê Venaani. Venaani sê die geld wat gespaar sal word, kan gebruik word vir die verbetering van watertoeganklikheid of die bevordering van voedselsekerheid met gemeganiseerde landbou-ontwikkeling. Kosmos 94.1 Nuus het met Namibiese landboukenner Wallie Roux gepraat, wat sê die regering moet gebruik maak van die private sektor om kundiges aan te stel vir die studie.