EU plaas Hamas-leier op swartlys

Die Europese Unie het die leier van Hamas in Gaza, Yahya Sinwar, op sy swartlys vir terroristesanksies gevoeg na aanleiding van die aanvalle op Israel op 7 Oktober. Internasionale nuusagentskappe berig die stap beteken Sinwar is onderhewig aan ʼn bevriesing van bates in die 27 lidlande van die EU en verbied EU-burgers om enige transaksie met hom aan te gaan. Die groepering het die Palestynse Islamitiese beweging, Hamas, reeds as ʼn terroriste-organisasie gelys.