Jeugraad probeer werkloosheid hokslaan

‘n Afro-barometer verslag wat vanjaar vrygestel is toon dat jeugwerkloosheid op 44 persent staan in Namibië. Wat daarmee gepaardgaan is ‘n verhoging in misdaad. Die uitvoerende voorsitter van die Namibië Nasionale Jeugraad, Sharonice Busch, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die Jeugraad is bewus van die probleem en hulle doen hul bes doen om dit aan te spreek. Die raad het verskeie programme wat hulle aanbied vir die jeug om die probleem te probeer bekamp. Busch is aan die woord.