Bulle bring sterkste span teen Stormers

Rugby: Die Bulle se afrigter, Jake White, het 13 veranderings gemaak aan die span wat verlede week in Frankryk 28-29 teen Lyon verloor het in die Kampioenebeker. Net flank Marco van Staden en slot Janko Swanepoel is behou vir die stryd teen die Stormers in Kaapstad. Hierdie is dieselfde span wat die Haaie 44-10 in die Verenigde Rugbykampioenskap geklop het, asook vir Saracens met 27-16 in die Kampioenebeker. White hoop sy pak voorspelers sal die gevaarmanne agterlangs, wat Willie le Roux, Canan Moodie en Kurt-Lee Arendse insluit, kwaliteit balbesit gee om mee aan te val.