Tiener-beskuldigde kry sielkundige hulp

Die Gautengse onderwys-departement verleen sielkundige hulp aan ‘n tiener wat van betrokkenheid beskuldig is by die beweerde verkragting van ‘n 15-jarige meisie. Aanklagte teen een van die drie beskuldigdes is tydens hul eerste verskyning in die Randburg-landdroshof teruggetrek, weens ‘n gebrek aan bewyse. Die voorval het na wat berig word by ‘n privaat park in ‘n residensiële landgoed in Midrand plaasgevind. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die saak teen die twee ander beskuldigdes is tot 28 Desember uitgestel.