Bouplanne: wonings groei stewig

Meer inligting is ontvang oor die goedgekeurde bouplanne vir die hoofstad. Die syfers word maandeliks deur IJG Sekuriteite saamgestel en bekend gemaak. Josh Mansfield van die makelaarsfirma sê die mark vir wonings groei teen ‘n stewige tempo maar kommersiële eiendomme onderpresteer.