Zuma het geen ander keuse gehad nie

Suid-Afrika se demokrasie is nie net ongeskonde nie, maar staan sterk ten spyte van voormalige president Jacob Zuma se uitdagende houding en selfs dreigemente van ‘n opstand. Dit is die mening van die uitvoerende sekretaris van die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet, Lawson Naidoo. Zuma het homself gisteraand net voor middernag ingevolge ‘n bevel van die Konstitusionele Hof vir 15-maande tronkstraf aangemeld. Naidoo sê die voormalige president het geen ander keuse gehad nie: