Eerste Julie 2021 onrus-opstoker gevonnis

Die Streekhof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, het Mdumiseni Khetha Zuma tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir die aanhitsing van openbare geweld tydens Julie 2021 se onrus. Hy is skuldig bevind aan oortreding van die Wet op Oproerige Byeenkomste weens die vervaardiging en verspreiding van ‘n uitlokkende video oor die Brookside-winkelsentrum op WhatsApp. Die hof het getuienis van ‘n sentrumbestuurder aangehoor waarin hy die skade op ongeveer 500 miljoen Suid-Afrikaanse rand raam. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Natasha Ramkisson-Kara, is aan die woord.