Saara sê oor geld vir ou Staatshuis

Die kantoor van die eerste minister het gereageer op berigte dat droogtefondse aangewend is vir opknapping van die ou Staatshuis. In ‘n verklaring sê dr. Saara Kuugongelwa Amadhila se kantoor dat daar fondse vir die werke ingesluit is in die 2013-14 boekjaar en in die kantoor se begroting aangemeld is. Die fondse is in die ramp- en droogtefondse-rekening inbetaal maar is gemerk vir opknappings waarvoor dit begroot is. Die werke het laat begin en is vertraag en die fondse is weer oorgedra in die volgende boekjaar om kontinuïteit te verseker. Die fondse is verantwoordbaar en is vir die opknapping gebruik. Die rekening is alleenlik gebruik om betalings te vergemaklik.