VRK-aksie deur Cardiff, Stormers die naweek afgeskop

Die Stormers en Cardiff skop vanaand die naweek se aksie in die Verenigde Rugbykampioenskap in die Walliese hoofstad af. Terselfdertyd verwelkom Edinburgh die Italiaanse span, Benetton, in die Skotse hoofstad. Die Leeus is môre in Johannesburg die gashere vir Zebre van Italië en daarna gaan die Bulle en die Ierse span, Connacht, sake uitspook op Loftus. Die Haaie speel in Durban teen die Walliese span, Dragons, Leinster en Munster meet kragte in Ierland en Glasgow Warriors verwelkom die Ierse span, Ulster, in Skotland.