Ondersoek na banke en rand/dollar manipulasie geëis

Die African Transformation Movement het ‘n kommissie van ondersoek versoek na groot Suid-Afrikaanse handelsbanke se beweerde manipulasie van die rand. Dit volg ná die Mededingingskommissie se onlangse kommerwekkende onthulling oor samespanning tussen 28 banke om die rand/dollar-geldeenheidspaar te manipuleer. Die beweging beklemtoon die uitwerking op die ekonomie en burgers, en spreek ontevredenheid uit oor regulatoriese liggame se nalatigheid. Vuyo Zungula van die party vra ‘n in-diepte ondersoek na moontlike oortredings van wetgewende raamwerke.