Jongste oor doodsdreigemente teen Nauyoma
Die bekende aktivis, Dimbulukeni Nauyoma, nou Ally Angula se presidensie-veldtog-bestuurder, is ontevrede omdat niemand nog in hegtenis geneem is nadat hy doodsdreigemente onvang het nie. Nauyoma sê die voormalige weermaghoof, Epraphas Denga Ndaitwah, het hom met die dood gedreig. Ndaitwah is ook die seun van adjunk-eerste minister Netumbo Nandi-Ndaitwah. Hy sê sedert hy ‘n klag gemaak het, het vreemde dinge by sy huis gebeur. Alarms gaan af en daar is ingebreek by sy familiehuis.
In ‘n ander geval sê hy vrywilligers wat saam met hom op Angula se veldtog se werk aangeval en geïntimideer word. Hy sê hulle ondersoek die saak en sal stappe neem.