Witbooi en heiligdom by Vaalgras draai in parlement

Die PDM se president, McHenry Venaani, het ‘n mosie in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê om ‘n heiligdom by Vaalgras op te rig ter ere van Kaptein Hendrik !Anseb Witbooi. Die Swapo-veteraan Jerry Ekandjo sê daar moet navorsing gedoen word oor waar Witbooi begrawe is en ‘n monument moet daar opgerig word. Hy voeg by dat wanneer die plek vasgestel en ‘n monument opgerig is, dit bewaak moet word.