Stampriet-myn sal nooit gerehabiliteer kan word nie – Sauma

Die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, oftewel Sauma, sê hy het tydens die onlangse openbare vergadering met die parlementêre staande komitee beklemtoon dat sou uraan ontgin word, die myn altyd sal bestaan in die Stampriet-bekken. Divan Opperman voorsitter van Sauma sê die myn sal nooit werklik gerehabiliteer kan word nie omdat die akwifer te kompleks is daarvoor. Hy het ook ‘n beroep gedoen op die regering om onafhanklike kenners te betrek.