TotalEnergies vind koolwaterstof in Venus-put

TotalEnergies het sy kritieke vloeitoetse op sy ontdekking by die Venus-put in die Oranje-bekken voltooi. Daar word berig dat koolwaterstof het by verskeie geleenthede oor vier dae na die oppervlak gevloei met meer as ‘n 12 toetse wat gedoen is op die put. Upstream Online berig dat die uitslae deur die olie-reus nog nie bekend is nie en dat die maatskappy nie op vrae reageer het nie. Maar, kenners meen dat enige teken van koolwaterstowwe wat na die oppervlak in ‘n put vloei, is uiters positief. Die gebied is propvol oliemaatskappye wat in verskeie fases van eksplorasie na olie en gas is.