Diensagente vir brand-toerusting moet registreer en vergadering bywoon

Alle brandweertoerusting-herstelmaatskappye wat binne die grense van ‘n plaaslike owerheidsgebied werk, word deur die wet verplig om as diensagente by die plaaslike owerheid te registreer. Die Stad Windhoek nooi dus alle brandbeskermingstoerusting maatskappye of persone wat as diensagente geregistreer is by die Stad Windhoek Brandweerdienste na ‘n konsultasievergadering. Die vergadering sal by die brandweer se hoofkwartier plaasvind op die 28ste November. Kosmos 94.1 Nuus het met Senior Brandveiligheidsinspekteur Fillipus Sikongo gepraat.