Ons kyk wel na jong besighede: Shiimi

Verskeie parlementslede van verskillende partye het in die Nasionale Vergadering die regering aangevat omdat hy volgens hulle nie genoeg doen vir klein besighede nie. Die finansminister Ipumbu Shiimi het daarop reageer en sê die regering het ‘n Covid-program wat klein besighede ondersteun om weer op hulle voete te kom. Die regering het ook ‘n krediet skema waarvoor beginner-besighede kan aansoek doen deur die finansministerie.