Koperdiefstal beroof almal

Koperkabeldiefstal is aan die toeneem in Namibië, wat dienslewering belemmer. Elektrisiteitsverskaffers soos Cenored en Nored veg al jare ‘n stryd hierteen. Telecom Namibia het onlangs diensonderbrekings ervaar weens koperkabeldiefstal. Namwater het sedert verlede jaar ‘n verlies van ongeveer 1,5 miljoen Namibiese dollar gely weens diefstal van vyf kilometer kabel van sy kusinfrastruktuur. Nored-woordvoerder, Simon Lukas, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit het ‘n bedryfsprobleem geword en is ‘n groot bekommernis.