Uiteindelik ‘n VN-resolusie oor Midde-Ooste
Die Verenigde Nasies se veiligheidsraad het ʼn resolusie aanvaar wat ʼn dringende, omvattende, humanitêre onderbreking vra om toegang na Gaza toe te laat en ook vir die onmiddellike vrylating van alle gyselaars wat deur Hamas aangehou word. Amerika en die Verenigde Koninkryk het buite stemming gebly. Hulle sê alhoewel hulle die klem op humanitêre verligting ondersteun, kan hulle nie hul volle steun gee nie omdat daar geen besliste kritiek teen Hamas is nie. Rusland het ook buite stemming gebly omdat die resolusie nie melding maak van ʼn onmiddellike skietstilstand nie.