eThekwini het kommer oor oorgrensmisdaad

Die eThekwini-munisipaliteit in KwaZulu-Natal is bekommerd oorgrens-misdaadsindikate teiken nou die munisipaliteit, wat ‘n nadelige invloed op dienslewering kan hê. Dit volg nadat die Valke twee verdagtes in hegtenis geneem het weens die besit van vermeende gesteelde straatligte ter waarde van 1,2 miljoen Suid-Afrikaanse rand by die Kosibaai-toegangspoort tussen Suid-Afrika en Mosambiek. Die munisipaliteit se woordvoerder, Gugu Sisilana, doen ‘n beroep op wetstoepassingsowerhede om spanne genoeg tyd te gun om die saak sonder onnodige druk te ondersoek.