Meer mense het nou werk in SA

Die amptelike werkloosheidsyfer in Suid-Afrika in die derde kwartaal was 31,9 persent. Dit is 0,7 van ‘n persentasiepunt laer as die koers van 32,6 persent in die tweede kwartaal. Die Kwartaallikse Opname van die Arbeidsmag toon die aantal werkende mense in die derde kwartaal het met 399 000 tot 16,7 miljoen toegeneem. Die aantal werklose mense het met 72 000 tot 7,8 miljoen afgeneem. Die grootste toename van werkers was in finansies, gemeenskap- en maatskaplike dienste en landbou, terwyl die grootste verlies aan werkers in vervaardiging, mynbou, vervoer en nutsdienste aangeteken is. KwaZulu-Natal, Limpopo, Noordwes en Mpumalanga het die grootste verhogings in indiensnemings aangeteken.